Overview
Sol-Tech | Junior Grafiese Ontwerper Jobs in Pretoria, South Africa at Solidariteit Beweging
Sol-Tech is ‘n private, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege in Monumentpark, Pretoria, wat tans opsoek is na ‘n gemotiveerde, gekwalifiseerde Junior Grafiese Ontwerper om by die span aan te sluit.
Die doel van die pos is die beplanning en projektering van idees, asook die ontwikkeling van visuele en tekstuele inhoud. Die Junior Grafiese Ontwerper sal verantwoordelik wees vir die verskaffing en ondersteuning van grafiese dienste van hoogstaande gehalte om die korporatiewe identiteit van Sol-Tech uit te bou en die maatskappy se beeld te bevorder.
Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig aansoekers:
- ‘n Toepaslike diploma of graad in Grafiese Ontwerp
- 0-2 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos
Vaardighede en eienskappe wat tot die aansoeker se voordeel sal strek:
- ‘n Sterk aanvoeling vir visuele uitleg
- Kennis van of ervaring in die ontwerp van elektroniese en gedrukte media soos bv. nuusbriewe en webblaaie
- Uitstekende rekenaarvaardighede in verskeie programme, insluitend woordverwerking, Word Press en Adobe CC
- Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
- Organiserings- en administratiewe vaardighede
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede
- Die vermoë om selfstandig en as deel van ‘n span te werk
- Kreatiewe probleemoplossing
- Innoverende denke
- Vermoë om take te prioritiseer, onder druk te funksioneer en sperdatums te haal
- Toewyding aan die bereiking van doelwitte
- Self-motivering en bereidwilligheid om te leer
Indien jy belangstel en aan die vereistes voldoen, voltooi asseblief jou aansoek voor of op 10 Junie 2026.
Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.
Title: Sol-Tech | Junior Grafiese Ontwerper
Company: Solidariteit Beweging
Location: Pretoria, South Africa
Category: