Overview

Senior Restaurant Bestuurder Jobs in Franschhoek at BABYLONSTOREN

Senior Restaurant Bestuurder

Babylonstoren is op soek na ‘n ervare en energieke Senior Restaurant Bestuurder om deel te vorm van ons F&B leierskap span.Hierdie is ‘n senior bestuurs rol vir iemand wat passievol is oor operasionele uitnemendheid, span ontwikkeling, diens standaarde en die skep van uitsonderlike gaste-ervarings.


Verantwoordelikhede:

  • Lei die daaglikse operasie van Babel en Ou Bakkery.
  • Verseker gladde 5-ster diensvloei, effektiewe beplanning en konsekwente uitvoering.
  • Dryf SOP’s, diens standaarde, voedsel veiligheid en die BT Manier.
  • Bestuur arbeidskoste, voorraad, breekskade en vermorsing.
  • Ontwikkel personeel en toekomstige bestuurders deur opleiding en afrigting.
  • Dryf wyn kennis, produk kennis en verkope.
  • Verseker akkurate administrasie, verslag doening en opvolg.
  • Bou sterk verhoudings met gaste, hotelgaste en spanlede.
  • Vorm deel van die senior leierskap span van Babel, Ou Bakkery en Funksies.


Minimum Vereistes:

  • Minimum 5 jaar bestuurs ervaring binne premium restaurante, hotelle, lodges of wynland goedere.
  • Afrikaans en Engels vlot (gesproke en geskrewe).
  • Sterk ervaring in restaurant operasies en personeel bestuur.
  • Goeie begrip van arbeids beheer, voorraad beheer en koste bestuur.
  • Sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede.
  • Goeie rekenaarvaardighede, veral Excel.
  • Geldige bestuurs lisensie en eie vervoer.
  • Bereid om naweke, aande en openbare vakansiedae te werk.

Title: Senior Restaurant Bestuurder

Company: BABYLONSTOREN

Location: Franschhoek

 

Upload your CV/resume or any other relevant file. Max. file size: 800 MB.