Overview
Mechanic, Management Jobs in Pretoria, South Africa at Werfnet
Paneelklopper / Monteerder (Voertuig Stroop en Montering) / Panel Beater Mechanic (Vehicle Stripping & Assembly) ‘n Gevestigde onderneming is op soek na ‘n ervare Paneelklopper / Monteerder om by hul span aan te sluit. Die ideale kandidaat moet ondervinding hê met die stroop en montering van voertuie en trots wees op netjiese en kwaliteit werk.
Verantwoordelikhede
- Stroop voertuie voordat herstelwerk begin.
- Monteer voertuie weer nadat die paneelklop- en spuitwerk voltooi is.
- Verwyder en monteer panele, buffers, ligte, deure, enjinkappe, bagasiedeksels, binne-afwerkings en ander voertuigonderdele.
- Identifiseer onderdele wat herstel of vervang moet word.
- Werk saam met paneelkloppers en ander werkswinkelpersoneel om herstelwerk betyds af te handel.
- Verseker dat alle onderdele korrek gemonteer word volgens die vervaardiger se standaarde.
- Doen ‘n finale kwaliteitskontrole voordat voertuie afgelewer word.
- Hou die werksarea netjies en werk veilig met gereedskap en toerusting.
Minimum Vereistes
- Minstens 3 jaar ondervinding in ‘n paneelklopwerkswinkel.
- Bewese ervaring met die stroop en montering van voertuie.
- Goeie kennis van voertuigonderdele en voertuigbakke.
- Ervaring met verskillende voertuigmake en
-modelle. - Vermoë om onafhanklik en as deel van ‘n span te werk.
- Geldige rybewys sal tot voordeel wees.
- ‘n Relevante kwalifikasie of ambagsertifikaat sal voordelig wees.
Persoonlike Eienskappe
- Oog vir detail.
- Betroubaar en verantwoordelik.
- Goeie probleemoplossingsvermoë.
- Kan goed onder druk werk.
- Netjiese en professionele werksetiek.
Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid vir ‘n ervare kandidaat wat passievol is oor motorherstelwerk en graag deel wil wees van ‘n professionele werkswinkel.
Title: Mechanic, Management
Company: Werfnet
Location: Pretoria, South Africa
Category: