Overview
Huishouding Assistent Jobs in Franschhoek at BABYLONSTOREN
Huishouding Aassistent
Babylonstoren is op soek na ‘n Huishouding Assistent wat is verantwoordelik vir die handhawing van hoë standaarde van netheid, higiëne en aanbieding in gastekamers, openbare areas en ander aangewese fasiliteite. Die pos vereis ‘n sterk aandag aan detail, doeltreffendheid, betroubaarheid en die vermoë om uitstekende diens aan gaste te lewer.
Verantwoordelikhede:
- Skoonmaak en instandhouding van kamers, badkamers en openbare areas volgens hoë standaarde.
- Opmaak van beddens en aanvulling van gastegeriewe en voorrade.
- Verseker dat kamers en omliggende areas netjies, skoon en gereed vir gebruik is.
- Meld enige skade, onderhoudsprobleme of voorraadtekorte aan.
- Gebruik en versorg skoonmaaktoerusting en -middels verantwoordelik.
- Lewer vriendelike en professionele diens aan gaste en kollegas.
Vereistes:
- Graad 10 of Graad 12 (Matriek) sal voordelig wees.
- Vorige ervaring in huishouding, skoonmaakdienste of gasvryheid sal voordelig wees.
- Goeie kommunikasievaardighede.
- Vermoë om onafhanklik sowel as in ‘n span te werk.
- Goeie fisiese gesondheid en die vermoë om aktiewe werk te verrig.
Sleutelvaardighed:
- Aandag aan detail
- Betroubaarheid en stiptelikheid
- Goeie tydsbestuur
- Spanwerk
- Gastediensgerigtheid
Title: Huishouding Assistent
Company: BABYLONSTOREN
Location: Franschhoek